Salaris: R 118 740.00 per jaar (T03 van ‘n Kategorie 3 Plaaslike Owerheid)
Diensaanvaarding: 01 Desember 2024 of so spoedig moontlik
Navrae: Mnr J Breunissen by 022 913 6000
ALGEMEEN:
1. ’n Diensbonus gelykstaande aan een maand se salaris is, waar van toepassing, sal betaalbaar wees en word aangevul deur
die normale voordele van toepassing op die Munisipaliteit, insluitend ’n behuisingstoelae vir huiseienaars, onderhewig aan
sekere voorwaardes.
2. Die Munisipaliteit is ’n gelyke geleentheid werkgewer en eerbiedig die bepalings van die Wet op Gelyke Indiensneming.
3. Die Munisipaliteit behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
4. Alle aanstellings is onderworpe aan ʼn polisieklaring wat noodwendig beteken dat applikante toestemming verleen dat dit
verkry mag word.
5. Aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word of nie vergesel van die dokumentasie hieronder genoem nie, sal nie
oorweeg word nie.
6. Slegs aansoekers op die kortlys vir onderhoude sal gekontak word. Indien ‘n aansoeker binne 6 weke na die sluitingsdatum
nog geen terugvoering ontvang het nie, moet aanvaar word dat hul aansoek onsuksesvol was.
7. Gunswerwing by enige raadslid en/of enige lid van die aanstellingskomitee en/of enige personeellid van die Munisipaliteit, is
ontoelaatbaar en sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer.
8. Benewens die minimum posvereistes en standplaas hierin gestel, mag daar van posbekleërs verwag word om oortyd- en
bystanddiens te verrig, asook om van tyd tot tyd in ander dele van die munisipale gebied diens te lewer, soos vereis.
9. Aanstelling in sekere poste is onderhewig aan ’n sekerheidsklaring en daar sal ook van aansoekers verwag word om ’n
onderhoud- en evalueringsproses te deurloop en waar van toepassing, ’n vaktoets af te lê.
10. Die munisipaliteit eerbiedig die bepalings van die Wet op doe Beskerming van Persoonlike Inligting. Met die inhandiging van
u informasie en aansoek bevestig u dat die inligting wat u aan ons verskaf korrek is, en ‘n ware weergawe van u mees
onlangse inligting.
11. Slegs aansoeke vanuit die Bergrivier area (WC013) sal oorweeg word.
12. Daar sal van sukessvolle kandidate verwag word om ‘n dienskontrak, openbaarmaking van voordele en belange en ‘n
prestasiekontrak (waar van toepassing) met die werkgewer te onderteken.
’n Dekbrief met vermelding van ten minste twee (2) kontakbare verwysings (lynbestuurders, ondergeskiktes of eweknieë), vergesel
van die voltooide voorgeskrewe aansoekvorm (op aanvraag verkrygbaar by Tel: 022 913 6000 of op die munisipaliteit se webwerf by
www.bergmun.org.za),‘n Curriculum Vitae (maksimum 3 bladsye) en gesertifiseerde afskrifte van die nodige kwalifikasie sertifikate,
identiteitsdokument en bestuurderslisensie (slegs een pos per aansoekvorm) moet by die onderskeie Munisipale Kantore
(Aurora, Eendekuil, Redelinghuys, Piketberg, Porterville & Velddrif) binne die munisipale gebied ingehandig word of gepos
word na Posbus 60, Piketberg, 7320 of per koerier na Kerkstraat 13, Piketberg, 7320, vir die aandag van Mr. DF Verhoog, om
hom te bereik teen nie later nie as die sluitingsdatum.
U moet kennis neem dat die Munisipaliteit nie verantwoordelikheid aanvaar vir aansoeke wat gepos of per koerier gestuur
word en laat of glad nie ontvang word nie. Die onus berus nog steeds op u om te verseker dat u aansoek die munisipaliteit
voor die sluitingsdatum
GEEN FAKSE OF ELEKTRONIESE POS SAL AANVAAR WORD NIE.
SLUITINGSDATUM: VRYDAG, 04 OKTOBER 2024 OM 15:00
ADV. H LINDE KERKSTRAAT 13
MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 60
PIKETBERG
MK 251/2024 7320