Doel van die pos:
Om professionele ontvangs en kliëntediens aan die Regsadministrasie afdeling te verskaf, administratiewe prosesse doeltreffend te bestuur en by te dra tot die effektiewe funksionering van die afdeling.
Sleutelverantwoordelikhede:
- Professionele ontvangs en kliënte diens;
- Administrasie en koördinering van algemene regsdienste;
- Hantering en verwerking van administratiewe dokumentasie, rekords en korrespondensie;
- Administratiewe ondersteuning aan die Regsadministrasie afdeling;
- Koördineer afsprake, korrespondensie en algemene administratiewe werkvloei;
- Samewerking met die span om effektiewe dienslewering en operasionele ondersteuning te verseke.
Vereistes:
- Gr 12
- Rekenaarvaardig
- Vlot in Afrikaans en Engels
- Sterk Administratiewe vaardighede
- Doelwit gedrewe
- Goeie kommunikasie vaardighede
- Ervaring in die regsdienste omgewing voordelig
- Kennis van Arbeidsreg prosesse voordelig
Vergoeding:
- R10 000 tot R15 000 CTC afhangende van ervaring
Work Location: In person