ALGEMEEN:
1. ’n Diensbonus gelykstaande aan een maand se salaris is, waar van toepassing, betaalbaar en word aangevul deur die
normale voordele van toepassing op die Munisipaliteit, insluitend ‘n behuisingstoelae vir huiseienaars, onderhewig aan
sekere voorwaardes.
2. Die Munisipaliteit is ’n gelyke geleentheid werkgewer en eerbiedig die bepalings van die Wet op Gelyke Indiensneming.
3. Die Munisipaliteit behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
4. Alle aanstellings is onderworpe aan Polisie verklaring wat noodwendig beteken dat applikante toestemming verleen dat dit
verkry mag word.
5. Aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word of nie vergesel van die dokumentasie hieronder genoem nie, sal nie
oorweeg word nie.
6. Slegs aansoekers op die kortlys vir onderhoude sal gekontak word. Indien ‘n aansoeker binne 6 weke na die sluitingsdatum
nog geen terugvoering ontvang het nie, moet aanvaar word dat hul aansoek onsuksesvol was.
7. Gunswerwing by enige raadslid en/of enige lid van die aanstellingskomitee en/of enige personeellid van die Munisipaliteit, is
ontoelaatbaar en sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer.
8. Benewens die minimum posvereistes en standplaas hierin gestel, mag daar van posbekleërs verwag word om oortyd- en
bystanddiens te verrig, asook om van tyd tot tyd in ander dele van die munisipale gebied diens te lewer, soos vereis.
9. Aanstelling in sekere poste is onderhewig aan ’n sekerheidsverklaring en daar sal ook van aansoekers verwag word om ’n
onderhoud- en evalueringsproses te deurloop en waar van toepassing, ’n vaktoets af te lê.
10. Die munisipaliteit eerbiedig die bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Met die inhandiging van
u informasie en aansoek bevestig u dat die inligting wat u aan ons verskaf korrek is en ‘n ware weergawe van u mees
onlangse inligting.
11. Voorkeur sal verleen word aan interne en plaaslike kandidate binne Bergrivier area.
12. Daar sal van sukessvolle kandidate verwag word om ‘n dienskontrak, openbaarmaking van voordele en belange en ‘n
prestasiekontrak (waar van toepassing) met die werkgewer te onderteken
’n Dekbrief met vermelding van ten minste twee (2) kontakbare verwysings (lynbestuurders, ondergeskiktes of eweknieë), vergesel
van die voltooide voorgeskrewe aansoekvorm (op aanvraag verkrygbaar by Tel: 022 913 6000 of op die munisipaliteit se webwerf by
www.bergmun.org.za),‘n Curriculum Vitae (maksimum 3 bladsye) en gesertifiseerde afskrifte van die nodige kwalifikasie sertifikate,
identiteitsdokument en bestuurderslisensie (slegs een pos per aansoekvorm) moet by die Munisipale Kantore, Piketberg
ingedien word of kan gepos word na Posbus 60, Piketberg, 7320 vir die aandag van Mev. W Terry Thomas, om haar te bereik
teen nie later nie as die sluitingsdatum.
GEEN FAKSE OF ELEKTRONIESE POS SAL AANVAAR WORD NIE.
SLUITINGSDATUM: DINSDAG, 11 OKTOBER 2022 OM 16:00
ADV. H LINDE KERKSTRAAT 13
MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 60
PIKETBERG
MK 201/2022 7320