Senior Toesighouer: Sitrusproduksie
Babylonstoren is 'n toonaangewende landbou- en gasvryheidsonderneming wat verbind is tot uitnemendheid, innovasie en volhoubare produksie. Ons nooi aansoeke van gemotiveerde en bekwame kandidate vir die pos van Senior Toesighouer: Sitrusproduksie:
Die suksesvolle kandidaat sal 'n sleutelrol vervul in die daaglikse bestuur van produksiespanne en die koördinering van alle operasionele aktiwiteite binne ons sitrusbedryf. Hierdie junior bestuurspos vereis 'n praktiese leier wat sterk mensebestuursvaardighede met administratiewe akkuraatheid kombineer en kan verseker dat produksiedoelwitte veilig, doeltreffend en volgens die hoogste standaarde bereik word.
Sleutelverantwoordelikhede:
- Lei, motiveer en ontwikkel produksiespanne om daaglikse operasionele doelwitte te bereik.
- Beplan, organiseer en monitor alle daaglikse sitrusproduksie-aktiwiteite, insluitend snoei, besproeiing, bemesting, gewasbeskerming, vruguitdunning, oes en ander seisoenale take.
- Hou toesig oor die effektiewe benutting van arbeid, toerusting en ander produksiehulpbronne.
- Verseker dat alle werksaamhede volgens die vereiste gehalte-, produktiwiteits-, voedselveiligheids-, gesondheids-, veiligheids- en omgewingstandaarde uitgevoer word.
- Bestuur die administrasie wat met produksie verband hou, insluitend arbeidsrekords, tyd- en bywoningsadministrasie, produksieverslae, taakbeplanning en ander operasionele dokumentasie.
- Monitor daaglikse produktiwiteit en rapporteer oor spanprestasie, produksievordering en operasionele uitdagings.
- Identifiseer opleidingsbehoeftes en ondersteun die ontwikkeling van produksiespanne.
- Werk nou saam met produksiebestuurders om produksieplanne suksesvol te implementeer en voortdurende verbetering te bevorder.
Minimum vereistes:
- 3–5 jaar relevante ervaring in kommersiële sitrusproduksie of 'n soortgelyke landbou-omgewing.
- Ervaring in die leiding van produksiespanne en die bestuur van daaglikse operasionele aktiwiteite.
- Goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede.
- Basiese rekenaarvaardigheid, insluitend Microsoft Office. Ervaring met landbou- of arbeidsbestuurstelsels sal voordelig wees.
- Goeie kommunikasie-, probleemoplossings- en besluitnemingsvaardighede.
- 'n Geldige rybewys.
Slegs kandidate wat aan die minimum pos en gelyke indiensneming vereistes voldoen, sal vir 'n onderhoud gekontak word.