ALGEMEEN:
1. ’n Diensbonus gelykstaande aan een maand se salaris, waar van toepassing, betaalbaar en word aangevul deur die normale voordele van
toepassing op die Munisipaliteit, insluitend ‘n behuisingstoelae vir huiseienaars, onderhewig aan sekere voorwaardes.
2. Die Munisipaliteit is ’n gelyke geleentheid werkgewer en eerbiedig die bepalings van die Wet op Gelyke Indiensneming.
3. Die Munisipaliteit behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
4. Alle aanstellings is onderworpe aan Polisie verklaring wat noodwendig beteken dat applikante toestemming verleen dat dit verkry mag
word.
5. Aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word of nie vergesel van die dokumentasie hieronder genoem nie, sal nie oorweeg word nie.
6. Slegs aansoekers op die kortlys vir onderhoude sal gekontak word. Indien ‘n aansoeker binne 6 weke na die sluitingsdatum nog geen
terugvoering ontvang het nie, moet aanvaar word dat hul aansoek onsuksesvol was.
7. Gunswerwing by enige raadslid en/of enige lid van die aanstellingskomitee en/of enige personeellid van die Munisipaliteit, is ontoelaatbaar
en sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer.
8. Benewens die minimum posvereistes en standplaas hierin gestel, mag daar van posbekleërs verwag word om oortyd- en bystanddiens te
verrig, asook om van tyd tot tyd in ander dele van die munisipale gebied diens te lewer, soos vereis.
9. Aanstelling in sekere poste is onderhewig aan ’n sekerheidsklaring en daar sal ook van aansoekers verwag word om ’n onderhoud- en
evalueringsproses te deurloop en waar van toepassing, ’n vaktoets af te lê.
10. Die munisipaliteit eerbiedig die bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Met die inhandiging van u informasie
en aansoek bevestig u dat die inligting wat u aan ons verskaf korrek is en ‘n ware weergawe van u mees onlangse inligting.
11. Voorkeur sal verleen word aan kandidate binne Bergrivier Munisipale area (WC013).
12. Daar sal van sukessvolle kandidate verwag word om ‘n dienskontrak, openbaarmaking van voordele en belange en ‘n prestasiekontrak
(waar van toepassing) met die werkgewer te onderteken
’n Dekbrief met vermelding van ten minste twee (2) kontakbare verwysings (lynbestuurders, ondergeskiktes of eweknieë), vergesel van die
voltooide voorgeskrewe aansoekvorm (op aanvraag verkrygbaar by Tel: 022 913 6000 of op die munisipaliteit se webwerf by
www.bergmun.org.za),‘n Curriculum Vitae (maksimum 3 bladsye) en gesertifiseerde afskrifte van die nodige kwalifikasie sertifikate,
identiteitsdokument en bestuurderslisensie (slegs een pos per aansoekvorm) kan by enige van die onderskeie Munisipale Kantore (Aurora,
Eendekuil, Redelinghuys, Piketberg, Porterville & Velddrif) binne die munisipale gebied ingehandig word of gepos word na Posbus 60,
Piketberg, 7320 of per koerier na Kerkstraat 13, Piketberg, 7320, vir die aandag van Mr. DF Verhoog, om hom te bereik teen nie later nie
as die sluitingsdatum.
U moet kennis neem dat die Munisipaliteit nie verantwoordelikheid aanvaar vir aansoeke wat gepos of per koerier gestuur word en laat of
glad nie ontvang word nie. Die onus berus nog steeds op u om te verseker dat u aansoek die munisipaliteit voor die sluitingsdatum
bereik.
GEEN FAKSE OF ELEKTRONIESE POS SAL AANVAAR WORD NIE.
SLUITINGSDATUM: VRYDAG, 12 JULIE 2024 OM 15:00
ADV. H LINDE KERKSTRAAT 13
MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 60
PIKETBERG
MK 172/2024 7320