WERKSGELEENTHEID | JUNIOR/SENIOR REKENINGKUNDIGE
Ermelo, Mpumalanga
Le Roux & Joubert Ing. is op soek na 'n Junior/Senior Rekeningkundige om by ons groeiende professionele span aan te sluit.
Minimum vereistes:
✔ Matriek (Rekeningkunde as vak sal voordelig wees)
✔ Tersiêre kwalifikasie in Rekeningkunde (BCom) of besig met studies (voordelig)
✔ Baie goeie rekenaarvaardighede in Microsoft Word en Excel
✔ Ervaring met Pastel
✔ Goeie begrip van basiese rekeningkundige beginsels
✔ Goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede
✔ Vermoë om akkuraat, georganiseerd en onder druk te werk
✔ Vermoë om onafhanklik sowel as in 'n span te werk
✔ Betroubaar, stiptelik en bereid om te leer
✔ Vlot in Afrikaans
Verantwoordelikhede:
- Verwerking van rekeningkundige rekords op Pastel
- Voorbereiding en indiening van BTW-opgawes
- Voorbereiding en indiening van EMP-opgawes
- Opstel van finansiële state
- Rekonsiliasies
- Debiteure- en krediteurebeheer
- Algemene administratiewe en rekeningkundige take
- Data-invoer, -kontrole en -ontleding
- Kommunikasie met kliënte en relevante instansies
Wat bied ons?
- 'n Professionele en ondersteunende werksomgewing
- Geleentheid vir opleiding en loopbaanontwikkeling, insluitend SAIPA-klerkskap
- Blootstelling aan 'n wye verskeidenheid kliënte en bedrywe
- Mededingende vergoeding volgens kwalifikasies en ervaring
Vergoeding sal bepaal word afhangend van ondervinding en kwalifikasies.
Stuur jou CV en akademiese uitslae (indien van toepassing) na [email protected]
Sluitingsdatum: 31 Julie 2026
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.
Pay: R20 000,00 - R40 000,00 per month
Work Location: In person